AfriSkuld Nasionale

Spel­kampioen­skap

Die lekkerste Afrikaanse spelkompetisie vir hoërskole in Suid-Afrika!

Wat is die AfriSkuld Nasionale Spel­kampioen­skap?

Die AfriSkuld Nasionale Spelkampioenskap is 'n hoëprofiel nasionale kompetisie waar skole hul beste taal talent teen top skole regoor Suid-Afrika laat meeding. Die kompetisie vier Afrikaans, skep nasionale blootstelling en gee leerders die geleentheid om deel te wees van 'n unieke verhoogervaring by die Atterbury Teater.

Hoekom skole net eenvoudig móét deelneem:

Geleentheid om teen top skole (landswyd) mee te ding

Ervaar die opwinding van 'n prestige teaterfinaal voor 'n lewendige gehoor en landswye aandag

Gee u skool en leerders die kans om nasionale blootstelling en erkenning te ontvang

Skep onvergeetlike herinneringe en gee leerders die geleentheid om deel te wees van iets werklik besonders

Vier die trots, passie en krag van die Afrikaanse taal en kultuur saam met skole regoor die land

Wen groot kontantpryse met tot R100 000 op die spel vir die groot wenner en hul skool!

Hoe dit werk

Die proses is eenvoudig en verg minimale administrasie van die skool:

  1. Skole ontvang 'n gereed-vir-gebruik kwalifiserende toets
  2. Leerders voltooi die toets (intern) by die skool
  3. Skole registreer hul top leerders vir die kompetisie
  4. Ons hanteer die res en nooi die beste kandidate na die gesogte nasionale finaal

Belangrike Datums

SLUITING VAN KWALIFISERENDE TOETSE: 1 AUGUSTUS
AANKONDIGING VAN FINALISTE: 8 AUGUSTUS

Wat ons van skole benodig

Bevestiging van Deelname

Fasilitering van die Kwalifiserende Toets

Besonderhede- indiening van Top Leerders

Deelname is beperk en hoogs kompeterend.

Bevestig asseblief deelname teen 31 Julie om te verseker dat u skool die kwalifiserende toets betyds ontvang.

Registrasie neem minder as 2 minute!

Skryf Jou Skool In

Voltooi die vorm hieronder om deel te neem aan die AfriSkuld Nasionale Spelkompetisie.