Ons dienste
AfriSkuld is hier om jou te ondersteun
Enige vrae oor skuldkonsolidasie / skuldberading?
Ons ervare span bied 'n wettige oplossing indien jy onder geweldige finansiële druk is en wanneer jy sukkel om jou skuld te bestuur.
AfriSkuld konsolideer jou skuld in één bekostigbare, maandelikse paaiement sónder 'n lening. Minder druk op jou begroting, meer struktuur in jou lewe.
3, 2, 1… Klop Skuld!
Ons waarborg jou, die oorverskuldigde Suid-Afrikaanse verbruiker wat kwalifiseer vir een van ons oplossings en aansluit by AfriSkuld, én jou betalings elke maand getrou maak, dat jou verhaal ook 'n suksesverhaal sal wees. Dit is ongerieflik om vir 'n paar jaar die gordel stywer vas te maak en by 'n begroting te hou terwyl jy van jou skuldlas ontslae raak. Máár die eindresultaat is 'n skuldvrye nuwe begin.
AfriSkuld en die FinFix Groep, waaronder AfriSkuld werk, waarborg ook kliënte wat nie betalings misloop of bestaande regsaksie op rekeninge het nie, teen verlies van hulle bates.
Doen navraag & ons neem dit van daar af
Deel jou besonderhede met ons sodat een van ons konsultante jou kan kontak vir 'n konsultasie oor jou finansiële situasie.
Ons evalueer en vind jou oplossing
Ons bespreek jou finansiële omstandighede, vra jou kredietrekord aan en stel 'n oplossing voor met 'n geskatte besparing wat by jou situasie pas.
Voltooi jou aansoek en sê totsiens vir skuld
Tevrede met die oplossing? Ons voltooi die nodige vorms, verduidelik die proses duidelik en registreer jou.
Met jou volgende betalingsdatum betaal jy een bekostigbare bedrag vir al jou skuld én geniet jy onmiddellike verligting.





